Gedig: Ek het ‘n huisie aan die rand

Argieffoto

Argieffoto

Pirow Bekker (1935)

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
‘n draad gespan; ‘n kopbeen sê: Bly weg!
Dit is ‘n fort waar ek my saans verskans.

Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,
deure klap, rubberbande snerp op teer.
Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val
(of is dit binne waar diefwering makeer?).

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
tot hier dring niemand, maar niemand deur.

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Eliza-beth ·

Sug… die ongelukkig hoe ons lewe vandag – briljant opgesom in ‘n gedig!

ora ·

Ek stem saam met Eliza-beth. Dis nie lekker dat die lewe so lelik in ons mooi land geword het nie.

Elza ·

Jammer, maar dis die werklikheid. En ek is ook hier, aan die Rand en weet van oor jou skouer kyk, probleem as jy vrou-alleen nie saans meer kan uitgaan nie, luister as jy skielik wakker skrik. Want hier is huisbraak daagliks/nagliks algemeen…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.