Gedig: Ek het ‘n huisie aan die Rand

Argieffoto

Argieffoto

Pirow Bekker (1935)

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
‘n draad gespan; ‘n kopbeen sê: Bly weg!
Dit is ‘n fort waar ek my saans verskans.

Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,
deure klap, rubberbande snerp op teer.
Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val
(of is dit binne waar diefwering makeer?).

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
tot hier dring niemand, maar niemand deur.

Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa Papenfus ·

Dankie Pirow! Dis al verby hoog tyd dat Afrikaanse skrywers, wat so ‘n enorme bydrae gelewer het om demokrasie in Suid-Afrika teweeg te bring, hulle verslae swye oor huidige euwels verbreek.

Slim Daan ·

Hmmmmmmmm………of meer n kwessie van ” the chickens are coming home to roost “? Alex Borain het reeds gebieg dat die ” demokrasie ” soos hy tans daar uitsien meer die Wilde Weste van ouds reflekteer, as die versugtende utopie soos verwoord deur oa AP Brink en Antjie Krog et al.
n Bieg-kommissie ( ofskoon te laat so tussen die ruines ) van alle naiewes is seker aanstons op die spyskaart?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.