Pirow Bekker (1935)
Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
‘n draad gespan; ‘n kopbeen sê: Bly weg!
Dit is ‘n fort waar ek my saans verskans.
Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,
deure klap, rubberbande snerp op teer.
Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val
(of is dit binne waar diefwering makeer?).
Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
tot hier dring niemand, maar niemand deur.
Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dankie Pirow! Dis al verby hoog tyd dat Afrikaanse skrywers, wat so ‘n enorme bydrae gelewer het om demokrasie in Suid-Afrika teweeg te bring, hulle verslae swye oor huidige euwels verbreek.