Gedig: Ek sal opstaan

Argieffoto (Foto: adege, Pixabay)

WEG Louw (1913 – 1980)

Ek sal opstaan en na my vader gaan;
opstaan uit my vodde en my vuil;
opstaan en onder die volle maan
wat geel streep oor die vleiland, gaan en huil
aan sy breë skouer, en hóm saggies vra
om alles te vergeet, en te vergewe
die jongkrag van my hoon wat hy moes dra;
dat ek weer soos ʼn kindjie klein die lewe
vol sonskyn voel, die vreugde van my werk
in die wingerd waar pers die wswaar korrels hang;
dat ek weer voel my hande jonk en sterk,
die voorjaarskoelte saggies teen my wang –
Voorwaar, onmiddellik na my vader sal
en moet ek gaan, en aan sy voete val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Saartjie

Ai, en ek is terug in die laerskoolklas waar ons die gedig moet leer. Tog raar dat laerskoolkinders wat geen werklike begrip vir en insig in hierdie gedig kon hê nie, dit uit die kop moes leer. Maar nou ja, ons het mos darem die storie van die Verlore Seun geken …