Gedig: Ek sing van die wind wat te keer gaan

Argieffoto (Foto: cor125, Pixabay)

Argieffoto (Foto: cor125, Pixabay)

C Louis Leipoldt (1880 – 1947)

Ek sing van die wind wat te keer gaan;
Ek sing van die reën wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karooland;
Van blomme wat bloei by die wal;
Van water wat bruis oor die klippe;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van voëls wat daar sing in die bossies –
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al wat die vlei laat verkleur;
Van al wat die sonskyn laat spartel
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke –
Maar nooit nie, nee nooit nie van geld!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Sann ·

Maroela, julle kort ñ “bakgat” knoppie! Dankie vir die taaljuwele wat julle met ons deel.

Tania ·

Ek stem Sann, baie lekkerder om te lees as die lelike goed wat aangaan in die nuus.

Eliza-beth ·

Ons het hierdie op skool gesing – weet nie wie die toonsetting gedoen het nie en ja, die woorde sing! Dit roep prentjies op en dis wat dit moet doen! So bly oor die gedigte wat altyd geplaas word en hoop altyd so dat BAIE mense dit lees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.