Gedig: Ek sing van die wind wat te keer gaan

Uit “Die gewildste Afrikaanse gedigte”

Louis Leipoldt


Ek sing van die wind wat te keer gaan
– C. Louis Leipoldt (1880-1947)

Ek sing van die wind wat te keer gaan;
Ek sing van die reën wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karooland;
Van blomme wat bloei by die wal;
Van water wat bruis oor die klippe;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van voëls wat daar sing in die bossies –
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al wat die vlei laat verkleur;
Van al wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke –
Maar nooit, nee nooit nie, van geld!

Uit: Die gewildste Afrikaanse gedigte
Saamgestel deur Leserskring
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.