Gedig: Elementêre huis

Argieffoto

Argieffoto

DPM Botes (Geb. 1935 – 2013)

ek wil graag vir jou ‘n huis bou
‘n huis nie ‘n woning nie ‘n woning is te deftig nee ‘n huis

met vier mure
met ‘n rooi dak
met ‘n rokende skoorsteen

‘n huis sonder deure
‘n huis sonder vensters
ons sal die wêreld buite hou
so ‘n huis

‘n huis waarin net ons sal wees
net ek en jy
niemand anders nie
niemand nie

ek sal vir jou ‘n huis gee
ons sal vergeet van baie dinge
van lewe van dood van verwoesting
dat bestaan daarbuite moontlik mag wees

ek wil vir jou ‘n huis bou
‘n huis sodat ons kan vergeet
‘n plek iewers tussen die planete
waarin ons mekaar dae en nagte kan op

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Baie mooi… Laat my ook dink aan die gedig “Reën in die voorwinter” van G.A. Watermeyer :” Vier mure teen die Suidewind – my swartoogvrou, my blondhaarkind…”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.