DPM Botes (Geb. 1935 – 2013)
ek wil graag vir jou ‘n huis bou
‘n huis nie ‘n woning nie ‘n woning is te deftig nee ‘n huis
met vier mure
met ‘n rooi dak
met ‘n rokende skoorsteen
‘n huis sonder deure
‘n huis sonder vensters
ons sal die wêreld buite hou
so ‘n huis
‘n huis waarin net ons sal wees
net ek en jy
niemand anders nie
niemand nie
ek sal vir jou ‘n huis gee
ons sal vergeet van baie dinge
van lewe van dood van verwoesting
dat bestaan daarbuite moontlik mag wees
ek wil vir jou ‘n huis bou
‘n huis sodat ons kan vergeet
‘n plek iewers tussen die planete
waarin ons mekaar dae en nagte kan opsom
Baie dankie, dit is te pragtig.
Een van Afrikaans se STERKSTE punte: dit is sekerlik een van die pragtigste digtale wat daar is!
#Afrikaans Sterk!
Nie veel sprake van verdieping nie. So asof die skrywer/skryfster innie begin van sy/haar dig loopbaan is.