Gedig: Elementêre huis

Argieffoto Foto: www.allthatmsjazz.com

Argieffoto Foto: www.allthatmsjazz.com

DPM Botes (Geb. 1935 – 2013)

ek wil graag vir jou ‘n huis bou
‘n huis nie ‘n woning nie ‘n woning is te deftig nee ‘n huis

met vier mure
met ‘n rooi dak
met ‘n rokende skoorsteen

‘n huis sonder deure
‘n huis sonder vensters
ons sal die wêreld buite hou
so ‘n huis

‘n huis waarin net ons sal wees
net ek en jy
niemand anders nie
niemand nie

ek sal vir jou ‘n huis gee
ons sal vergeet van baie dinge
van lewe van dood van verwoesting
dat bestaan daarbuite moontlik mag wees

ek wil vir jou ‘n huis bou
‘n huis sodat ons kan vergeet
‘n plek iewers tussen die planete
waarin ons mekaar dae en nagte kan opsom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Baie mooi – as mens maar wel so ‘n huis kon bou

“… ‘n huis sonder deure
‘n huis sonder vensters
ons sal die wêreld buite hou…”

Hoe meer mens daagliks van al die gruwels in die samelewing lees hoe meer wil mens “wegkom” van alles en almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.