IL de Villiers (1936 – 2009)
ʼn seidissel groei in die bars op die stoep
– die saad vind sy groef, kry sy skeur –
en die gelige dons bly soek na die son
die strepie lig voor my deur
ek het bome om rotse sien draai
oor afgronde met wortels wat hang
elke plant bind sy rots, soek sy skeur:
verwring oor ʼn afgrond soos hy dit verlang
met die vorm klaar reeds in die saad:
uit klip na die lig – die seidissel groei in die grip
lank voor ek buk om die knop
vir die singende kanarie te pluk
Baie dankie!