Antjie Krog (Geb. 1952)
hier waar ek nou skrywe
weet ek dat jy êrens is
dat jy ook nou lê onder die oop venster
en uitkyk na die donsige maan op die werf
ek is al drie jaar lank op soek na jou
en waar jy ookal is
ek sal jou vind
en as ek voor jou staan
sal ek weet: ek is vir jou gemaak
na jou liggaam is ek geskape
na jou maat gevorm
ek is gesny uit jou been
jou denke sal myne omhels
jou begin sal my begin wees
jou einde my einde
jy sal my bestyg soos ʼn gier
en in my maagdelikheid jou nes kom bou
want na jou liggaam is ek gemaak
na jou maat gevorm
en as ek die dag my hand in joune sit
sal ek my padkaarte bêre met die wete:
my reise op soek na jou is nou verby.
Die gedig kom uit Krog se bundel eerste gedigte wat in 1984 verskyn het. ’n Herdruk met ʼn nuwe omslag van hierdie bundel het in 2011 verskyn en sluit die bundels Dogter van Jefta (1970) en Januarie-suite (1972) in.
Mooi, mooier, mooiste… Antjie weet nog altyd HOE om ‘n ding te sê
Pragtige gedig