Gedig: Gebed van die loot aan die wynstok

Argieffoto (Foto: jill111, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jill111, Pixabay)

Sheila Cussons (1922 – 2004)

Solank as wat die mens
sy gewaarwordinge in taal bly formuleer
Here, laat my taal leef
en dat U hom nooit van die liggaam
van Afrika sal amputeer nie –
en waar U moet terugsnoei, Heer,
laat ons u hand herken en rustig weet
U sal uit die vurige sap
wat U nou tot besinning kasty
iets wat helder en edel is eindelik distilleer.

Uit: André P Brink, Groot Verseboek Deel I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

DIS nou ‘n gepaste gedig vir die tye wat ons in lewe en Afrikaans so in die spervuur is. Saam met Sheila sal ons die gebed bly bid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.