Elrika van der Walt (Geb. 1979)
vir jou wil ek ‘n gedig skryf
‘n gedig oor ‘n reënseisoen
vir jou wil ek die wind gee
en wilge; koel en groen
vir jou wil ek so graag
net eenmaal in my lewe sê
ek weet nie hoe dit werk nie
maar ek is besig
om jou lief te hê