Gedig: geel walvis

(Grafika: Maroela Media)

Nathan Trantraal (Geb. 1983)

My pa het net eendag beslyt
ôs moet begin goed doen asse family
dan ry ôs rondommie Peninsula
in my pa se groot geel Peugeot
wat lyk soese groot geel walvis
wat ôs ingesluk et –
al ses kinnes en my ma en pa.

Dan ry ôs dee Sea Point
en allie ryk mense staan op hulle balconies
en ôs hou vi hulle dop,
ampe soesie inversion vanne safari
Later stop my pa om iets te koep
om te iet, en dan sittie kinnes innie kar
en sing saam met Richard Ashcroft
Velvet Morning van The Verve

asoffit normal is.

Nog later baklei my pa met André
en sit hom ytie kar yt
innie middel van Woodstock innie aan
en its soe ʼn relief wan at least wiet jy,
noulattie family outing
oek somme daamee klaa is,
nou moet ôs nette way sien
hoe om vi André wee innie kar te kry.

Uit: Chokers en Survivors

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.