Gedig: Generaal de Wet

Argieffoto Foto: jarmoluk, Pixabay

Argieffoto Foto: jarmoluk, Pixabay

Jan FE Celliers (1865 – 1940)

Stil, broers,
daar gaan ‘n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink –
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per’ ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s’n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en hartslag trou
tot in sy graf.

En hierdie pure man
jou kind, Suid-Afrika!
Wat vrees ons dan?
Geseën sal wees
die grond, die bloed, die vlees
wat sulke vrugte dra.
In ons De Wet se gees
Voortwaarts,
Suid-Afrika!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dr. Gerrie Venter ·

Inderdaad – wees stil en staan eerbiedig – daar stap n man verby?
Helaas! hy was die laaste krag, laat hom tog in ons gedagtes bly.
Oor jou bors o suidpunt het hy diep spore getrap, oor velde en vlaktes en vlei.
Geliefde grond; gee ons nog een soos hy, dan sal ons kinds kinders ook veilig in Afrika bly
GV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.