Gedig: Geraamte in die kas

Argieffoto (notonthehighstreet.com)

Argieffoto (notonthehighstreet.com)

Louise Boshoff (Geb. 1940)

my lief se klerekas
ruik die ene man
leer, tabak
blou denim en politoer
bewoon dié kas
ʼn raket, gholfsak
hangmat en veterskoene
lê die hele vloervlak vol.

en nou
nou maak die hele spul
manmoedig plek vir sagte
snuisterye en ʼn hoë, hoë
polvy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.