Rosa Keet (geb. 1945)
ek staan met skrefiesoë voor die spieël
om te kyk hoe ek lyk wanneer ek slaap
en ek lyk anders, half-dood
maar daardie vleis is nog lewendig
ʼn vinger roer, die ribbes gaan op op en af
ek is dieselfde as ek
en tog behoort my sintuie nie meer aan my nie
miskien slaap ek wel
want die lippe in die spieël roer
sonder myne en my vriendelike stem sê:
jy lyk soos ʼn lyk lyk