TT Cloete (1924 – 2015)
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ʼn digter gemaak
Ag TT Cloete, ons kon nie ons werklike waardering vir jou gee toe jy geleef het nie, maar ek is dankbaar vir jou erflating van wonderwoorde! Hierdie is maar een van die honderde pragtige gedigte wat jy nagelaat het! Dankie Maroela!