Gedig: God die digter

Prof TT Cloete Foto: www.uj.ac.za

Prof TT Cloete Foto: www.uj.ac.za

TT Cloete (Geb. 1924)

Chili is deur ʼn digter gemaak – NERUDA

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ʼn digter gemaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Dankie tog vir TT Cloete en Neruda en Eybers en Krige en Hugo en Marais en Krog en Van Wyk Louw en… en…

Ek HOOP tog so Maroela-besoekers lees ook die gedigte wat hier verskyn!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.