PW Buys (1923-1999)
Die digter is ʼn leuenaar wat altyd die waarheid praat
– Jean Cocteau
Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.
Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas ʼn pruim tot perlemoen.
Hy tierelier die suring soet
die katjiepiering swart soos roet.
Hy vonkel, konkel, toor die son
tot ʼn ranonkelrooi ballon.
Die groenspreeu is ʼn kunstenaar –
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
O dis soooo mooi! Ai net wat mens nodig het na die lees van sovele moorde, verkragtings, aanvalle, ontvoerings en… en … en…! DANKIE tog Maroela!
Ek stem saam! Ons Afrikaanse taal stel nooit teleur nie!
Afrikaans jou doring!!!