Ilse van Staden (Geb. 1972)
Hier is inderdaad drake –
hier in ons huise en tuine,
hier waar die laatmiddag stuiptrek en omkom
en stof word vir môre se maaiers
hier in die koninkrykies wat ons ons s’n noem
tussen die teekoppies, die kikoejoe en die tv
slinger die warm asems soms om ons bene
sodat ons sug en die vensters wyer oopgooi vir wind,
hier waar ons kinders met klippies speel,
hiér is
drake.