Tom Gouws (Geb. 1961)
UIT: Bestekopname
herinnering
met die breek van die dag elke oggend vroeg
het ek en my ouma die land omgeploeg,
mieliepitte in voortjies geplant en later
die yl plantjies gevoed met brakkerige water.
as die stilte van skemer op die land kom hurk,
het ons die donkie uitgespan en die vurk
gebêre, en stil met die voetpad langs gestap.
later dankbaar geproe aan die soet van ons pap.
Ek ruik die plaasgrond, ek voel die son op my rug… dankie Tom, en dankie Maroela!