Gedig: Huis oordag

Argieffoto (JayMantri, Pixabay)

Argieffoto (JayMantri, Pixabay)

TT Cloete (Geb. 1924)

ek het om my te vestig in vreugde ʼn huis gebou
vir stoeiende seuns      vlinderige dogters      verwek
in ekstase      en ʼn geliefde teer gekweste vrou

vir baie vriende      om nes te maak
ʼn plek vir swaels      hangplek
vir baie skilderye wat bewaak

moet word      boeke rak op rak      om huis te hou
vir die groot stilte wat skrikgewek
aardebewend in die dak in die stene en die fondament kraak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.