Elisabeth Eybers (1915 – 2007)
Die kat strek hoog op vier strak bene, buig
behaaglik om haar luiperdlies te lek,
rol om en lê fluwelig oopgevlek
dat keel en bors en buik die son kan suig.
Ons noem haar “kat” want sy is sonder siel
en anoniem. Smal skerwe van agaat
staar koud uit die driehoekige gelaat.
Arglistig, vloeibaar, soos ʼn blink reptiel
van los en lenig wees versadig: sy
sal nooit – die veearts het haar “reggemaak” –
ekstase en angs van lewe voortbring smaak,
sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.
Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit
sy haar oë kronkel by my greep verby.
Só verdomp mooi!
Elisabeth Eybers het duidelik nie katte geken of hulle baie liefde gegee nie.
‘n Goeie gedig wat net SOMMIGE geite/karaktertrekke van ‘n kat vasvang. Katte is ook darem liefderyk en vryerig en sag en snoesig en myne se goudgeel oë en gesigte waarvan die bek altyd in ‘n glimlag is, is van my liefste goed. Hul verskaf my hope pret en ek kan baie lag vir hulle. O, en myne het elkeen ‘n naam (hul is beslis nie net “kat” nie)maar dan ook klomp ander name (wat hul albei goed ken) wanneer ek met hul gesels. Sal nooit kan kies tussen hulle en my 5 woewe nie, ek lief hul almal ewe veel.
Dis jammer dat Elizabeth so ñ eensydige kil beeld van katte gee, hulle is wel onafhanlklik, soms afsydig, dikwels snaaks, spelerig en liefdevol – die helfte is haar nie vertel nie!