E. Niemeyer
Wie kan my sê wat husse is?
Husse met lang ore?
En juis hoe lyk die snaakse goed?
Waar kry ’n mens hul spore?
Word hul miskien in Husseland
of op die maan gebore?
Moet ’n mens hul in die maanlig soek,
of vroeg-vroeg in die môre?
Ek vra en vra, maar tevergeefs,
my moeite gaan verlore.
Al antwoord wat ek altyd kry is:
Husse met lang ore!
- Die gedig is goedgunstig deur Lapa Uitgewers verskaf. Dit verskyn in Storiekaros wat deur Wendy Maartens saamgestel is.