Olga Kirsch (1924 – 1997)
ʼn Jaar of wat van angs en fel verrassing,
van leer en afleer, lugtige geluk,
dan is daar kinders. Die pynlike aanpassing
wat diens en arbeid verg, die onderdruk
van self, lang dae en nagte sonder rus
maak dat hul al hoe meer mekaar beskou
as ouers, bondgenote in kommernis
en vreugde, maar bysaaklik man en vrou.
Skielik is dit ʼn afgemaakte taak.
In leë kamers sien hul mekaar weer raak –
vergete rykdom. Albei het diep gely,
veel prysgegee en baie bygekry.
In die stil huis ontdek hul weer mekaar
soos, in ʼn veraf tuin, die eerste paar.
Pragtige verwoording van die dekades van werklikheid!
so mooi, en baie spesiaal op ons 26ste huweliks herdenking vandag!!!! :) :)
Baie geluk Eva ??, mag daar nog baie gelukkige jare vir julle saam wees.