Gedig: I sagte reën het die agtermiddag

Argieffoto (Foto: vborodinova, Pixabay)

Gert Vlok Nel (Geb. 1963)

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Driekie Grobler ·

Dis die swakste gedig wat ek nog ooit gelees het. Maak geen sin nie.

DC ·

Meeste van die tyd maak ‘n gedig nie sin nie. Dis hoe jy as individu dit verstaan en intepreteer. Dis wat gedigte magies maak.

Sam ·

Ag, gedorie! Dit klink soos ‘n blik verf lyk wat op ‘n doek uitgeloop het … en kuns genoem word.

G’n wonder ons taal lyk al soos dit lyk en klink al soos dit klink nie …

Spiekeries ·

Ag NEEE! Behoede my! Hoe spyt is ek ek het dit probeer lees.

Marius ·

Kyk hys dood! En kyk hoe groot
Is sy oge nog oop?
En teen die slape af die rooisel
Kyk wat loop door grond en grysel
Kyk hys dood. Sy mond nog oop
die grynslag griesel.
Ma se kind die simpel ding Kyk waar jy loop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.