Gedig: In Absentia

Tafelberg op ‘n sonskyndag. (Foto: Kobus Bezuidenhout/Maroela Media)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“In Absentia” deur Ian de Beer    

aan julle wat ver is,
noudat ek nie meer daar is,
moet ‘seblief tog nie vra
om my in die hiernamaals te pla,
want as julle my soek, dan sal jul my kry –
in jonkershoek, by die brandhut verby
waar swartboskloof se stroom ons dors laat kwyn,
op die bergpad waar die middagson op ons blaaie skyn,
in die eden se kloof waar mos en varings die wande begroei
in die koel skadu van die waterval se sproei,
aan botmanskop se voet,
as die sakkende son oor tafelberg hang,
langs idasvallei se damme,
as die piet-my-vrou ons roep met sy sang

hier het ek jul in my hart saamgedra
as als soms te veel was
of soms net as vreugde dit vra
maar jul sal moet uithaal om by te bly
want ek draf nou losvoet,
want ek is nou vry

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.