George Louw (Geb. 1939)
Ek is nié in sonde
ontvang en gebore
nog minder beswaard
in sak en as
maar in liefde, ekstaties,
Karoolangs met die eerste
reëns, oor platklip,
noorsdoring, katstert
en kambro
as resultaat van u
verbeelding, uitbundig
op hierdie knersvlak
losgelaat.
Pragtig! Treffend
Baie geniet, baie goed! Dankie!