Gedig: Jan Tuisbly se spannetjie

Argieffoto (Foto: MichaelGaida/Pixabay)

Etienne van Heerden (Geb. 1954)

deesdae kies baie vuurvlieë
koers na Kanada of Australië
maar ons geankerdes sal gekreef
in singels van die steenbok leef;
met ʼn suiderkruis opgesaal
ver van huis ʼn halfrond afgedwaal,
gepos deur ʼn verdwaalde skippie
op Afrika se soutste tippie,
ʼn spesie wit en vreemd
ingeburger tuis ontheemd.

Uit: Groot Verseboek Deel 3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.