Etienne van Heerden (Geb. 1954)
deesdae kies baie vuurvlieë
koers na Kanada of Australië
maar ons geankerdes sal gekreef
in singels van die steenbok leef;
met ʼn suiderkruis opgesaal
ver van huis ʼn halfrond afgedwaal,
gepos deur ʼn verdwaalde skippie
op Afrika se soutste tippie,
ʼn spesie wit en vreemd
ingeburger tuis ontheemd.
Uit: Groot Verseboek Deel 3
Dig: Die kuns om baie te sê met min woorde.