NP van Wyk Louw (1906 – 1970)
Die laat-middag het room geword
en treine wat ver fluit
en ‘n wit-bont klaas-skáwagter
wat wag-hou op ‘n kluit
en rook uit die lokasie rook
en by die dorpsdam sing
en mense in tennisbroekies loop
die koper skemer in
dóér op die nasionale pad
loop motortjies onhoorbaar, hoog;
Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets
kom staan, vanself, moeg, voor die oog:
Tant’-Tolie-met-die-kanker kom
sit op die bordienghuis se stoep:
vanaand gaan hoor ons nog hoe sy
die Here en die uile roep.