Gedig: Kinders van die wind

(Foto: Anthony Tori/Unsplash)

Koos du Plessis (1945 – 1984)

Ek ken ‘n ou, ou liedjie
van lewenswel en -wee;
van lank vergane skepe in
die kelders van die see.

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal –
soos vaag onthoude grepies uit
‘n baie ou verhaal…

Van swerwers sonder rigting;
van soekers wat nooit vind…
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai;
en waarheen ál die woorde is,
sou net ‘n kind wou raai.

Swerwers sonder rigting;
soekers wat nooit vind…
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.