Gedig: Klossies, jul bewe en bibber

Argieffoto (Foto: Laya Clode/Unsplash)

C Louis Leipoldt (1880 – 1947)

Klossies, jul bewe en bibber:
Is dan die aandlug so koud?
Moet julle so teen die westewind koes?
Sal hy vir julle die blou en die goud,
Alles verwoes?

Klossies, jul bewe en bibber;
Drink maar die son, en wees bly!
Goud, blou en rooi is die lewe; en sag
Waai ons ou westewind koel oor die vlei –
Nog is dit dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.