Gedig: Komma

Argieffoto (Foto: Fotorech, Pixabay)

Sheila Cussons (1922 – 2004)

ʼn Glinstervliegie kleiner as ʼn komma
kom sit vertrouend op my hand
en begin sy persoon versorg, en ek gevlei
durf my skaars roer: soos hý so tuis
vermetel tuis is ek in U:
O Onveranderlike, Oneindigende,
Onbeginnende Woord deur Wie ʼn klein
verrukte vuilerige kommatjie flits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.