Gedig: Lank gereën in Vishoek

Foto: Pixabay

Jak de Priester

Dit het soveel dae gereën,
soveel dae, dat selfs die reën moeg is om te reën.
So moeg soos die mens vir verwyte,
só moeg die reën om te reën.
Sewe dae en sewe nagte,
toe
breek die son deur die wolke,
heilig
die geboorte van ‘n kind
rooi bevlek met bloed,
hangend aan ‘n naelstring
van vergifnis
nes Bethelehem
buig almal in dankbaarheid,
die see,
die berge,
die diere,
en die mense.

Brood (Griffel Media, 2010) 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.