Gedig: Lied van die somerboom

Argieffoto

Argieffoto

Linda Roos (Geb. 1959)

wat se pronkbok bot my netvlies vol sommerso
in die straat: haar polse klingel groen
geluidjies teen die wolke en haar heupe wieg
in die wind: in haar armholtes woon
wonderlike gevlerkte wesens
en guitig giggel sy – die lug
bars borrelgroen vol blare

o haar oog is skugtig gesluier maar netnou
toe wind vingergroen in haar vol lyf roer
het ek in ʼn oogwink gewaar: onbeskaamd
in dié blink pupil spieël die somer haar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Genis ·

Wys my daardie somersweg,
daai dromersweg
waar vinke nessies
in jou hare vleg

waar sonvingers klankloos
oor skadu-klawers streel
en vlekkies goud
vir jou groen irisse steel…

Eliza-beth ·

Ai ou genis ek geniet jou werk net soveel as die gedigte wat Maroela plaas! Jy moet dalk dink aan digbundel uitgee – moet net nie dink jy gaan ryk word nie, dis ongelukkig die waarheid!

Genis ·

Ek raak maar net bietjie in vervoering as ek die mooi gedigte lees wat Maroela vir ons plaas, maar dit is lief van jou om vir my fanmail te stuur. Wat is jou gunsteling gedig, as ek mag vra? Ek lees graag.

Eliza-beth ·

Ek dink nie Maroela hou te veel van “gesels” met mekaar maar hopelik laat hul my die toe. Daar is soveel mooi gedigte, oues en nuwes – moeilik om te kies! Party om spesifieke redes… Ek is ook ‘n leesholis en daarby sjokholis. Jy kan dalk Maroela epos stuur vir my epos adres sou jy wou – ek gee hul hiermee toestemming mom slegs aan jou my adres te stuur en jy kan hierdie kommentaar verwys. Hulle weet mos as jy navraag doen wie jy is want hul het jou epos adres en sal jou verwys omdat ek hier sê jy mag. Ek het al so gewerk met skenkings van boeke vir ‘n ander dame lank gelede en hul het gehelp.

Genis ·

Dit klink asof jy ‘n belangrike persoon kan wees. Ek sal dalk in die toekoms gebruik maak van jou vriendelike aanbod, baie dankie. Als is nog deurmekaar hier na die inbraak by my. Ek koop graag boeke, veral Afrikaanse poësie en letterkunde. Dankie vir die terugvoering. Dankie aan Maroela dat hulle dit oorgesien het. Mooi dag

Eliza-beth ·

Ek is glad nie belangrik nie! Nee net gewone mens, Maroela “fan” en digkuns liefhebber en van alles wat Afrikaans is. Jammer van inbraak, sterkte

Marc sacco ·

Wat beteken netvlies in engels? Of kan iemand die eerste sin ‘wat se pronkbok bot my netvlies vol sommerso’ verduidelik?

nig ·

Netvlies= retina. As jy nou letterlik wil wees – die mooiheid van die boom is soos ‘n bok wat pronk en die mooiheid is die hele oog vol, liries gestel! Mens kan nie regtig dit letterlik uiteensit sonder dat dit lomp en simpel klink nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.