Gedig: Maaltyd

Argieffoto (Foto: Pezibear/Pixabay)

PJ Philander (1921-2006)

Ou moeder met haar hoepelrokkie
en stywe kappie, staan hande gevou
in die vorm van ʼn koperklokkie
vir smôrens, smiddags en vir nou.

Die blou bord en die skoon servet,
die helder bril, die Bybel oop,
en teen die hoë muur haar groot portret
hou my aan haar steeds vasgeknoop.

En op die gladde, blink buffet,
glimmend in die skerp lig van die lamp,
skyn sy nou in die seëngebed,
leef sy nou in die wasige damp.

Sy was eers goud, heel later silwer,
nou’s sy koper waar sy staan,
maar met elke lui dan skilfer
af … die grasgroenspaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae