Ernst van Heerden (1916 – 1997)
Miskien is dit ons weg na vrede
na ‘n ander soort liefde
wat net in die verste blou
buitenste duisternis bestaan;
Miskien is daar êrens
tussen maankraters en droë geule
die aanskemering van ‘n liefde
wat ons hier nie geken het
of kon ken nie;
Miskien is dáár ander woorde
vir “jy”, en “ek”, en “ons twee”,
en “ek het jou nodig”,
en “jy is begin en einde vir my”,
en “ek het jou lief”;
Miskien kan ‘n bar en leë wêreld
dié soort liefde verdra,
en dit uitsê,
en dit wedersyds herhaal,
dit in die lugloosheid
na mekaar toe skaats,
en dit met die opgang van die aarde
in ‘n nuwe straling vang.
Ai so mooi…SO mooi