Gedig: Man met flits

Argieffoto (Foto: FelixMittermeier/Pixabay)

DJ Opperman (1914-1985)

In die klein wit kol
van my wete stol

bruin en skerp ʼn klip
soos ʼn bok wat skrik,

staan, vinnig weghol
uit die klein wit kol.

Aan ʼn takkie hang
twee ogies wat bang

uit die klein wit skyn
van my flits verdwyn.

Oor waters wat glip
soek ek klip na klip

maar ʼn duister land
bedreig my alkant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.