Gedig: Meisie 1

Argieffoto

Argieffoto

Piet van Rooyen (Geb. 1953)

Kraaitjie Melaaitjie, my liefste ding,
hoe moet ek maak met die tingeling,
die boem en die dwa en die tromborsklop,
hoe moet ek maak met die ligtekop?

Kraaitjie Melaaitjie, wat moet ek sê,
as die dinge hier teen my hart kom lê,
hoe moet ek stertgooi, hoe moet ek draai,
as jou hare al voor my oë waai?

Carolina Melanie, my keel trek styf
en ʼn rimpelvel hardloop al oor my lyf,
hoe moet ek praat, wat moet ek sê
as die swaarheid plat op my tong kom lê?

Toonsetting van die gedig deur Herman van den Berg:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Paul ·

Luister gerus ook na die toonsetting hiervan deur die erg onderwaardeerde kunstenaar Herman van den Berg. Dis beskikbaar op YouTube.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Dankie! Ons het die video onderaan die gedig bygevoeg.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marieka Visage ·

Ek sal dit so graag in die hande wil kry, hetsy gedig alleen , maar verkieslik met toonsetting. Pragtig i. Sy eenvoud!

Marieka Visage ·

Dit is prqgtig! Is dit op ‘n CD sodat ‘n mens dit kan koop?

Marieka Visage ·

Pragtig. Is dit in die handel beskikbaar, hetsy gedig alleen, maar verkieslik gedig met too setting?

Eliza-beth ·

Hoe lekkerrrr kry ek met die lees hierban. Dankie Maroela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.