Gedig: Moenie in die stilte

Argieffoto (Foto: Republica/Pixabay)

Fransi Phillips (Geb. 1958)

Moenie in die stilte
vrae vra nie

moenie met vrae
die stilte
stil maak nie

moenie die niet
vernietig nie

vernietig dan liewer
die vrae
met stilte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.