Gedig: My oupa Frank

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Joan Hambidge (Geb. 1956)

In die huis van my ouers
staan ʼn skildery van my oupa
van ʼn ou plaashuis,
daardie huis wat hy moes afteken,
sy pa se naam ontwille.
Daarna moes oupa Frank
met sy vrou en seuns
ʼn nuwe heenkome soek
en iewers glo in Kuilsrivier
het my pa-hulle ʼn holte vir hul voet gevind.
Oor en oor het my oupa
daardie plaashuis bly skets
en skilder. Daardie huis wat hom moes toekom:
ʼn huis met ʼn solder waarop sy seuns kon speel,
blomme in ʼn blombak voor die gewelhuis
en strak bome wat die herfslig opvang.
Al moes my oupa sy erfgeld wegteken,
behou hy ten slotte sy reg om te teken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bettina ·

Dis nou die egste gedig wat ek in a baie lang tyd (oor en oor) gelees het. Jou woorde trek aan my hartsnare. (Geb. 1960)

Pieter ·

Gedig?
‘n Kenmerk van ‘n gedig is tog rym…hier is geen rym nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.