Chris Lombard (Geb. 1929 – 2012)
Danièle Pascal laat Piaf van die liefde sing;
in bistro-skemerte dink elke siel sy eie ding:
ʼn Ouderling herleef sy aandjie in die Madeleine
en weet dat niemand hier soos hy die lewe ken.
Twee gestoelde dames met tiaras lyk bedug:
Is alles pluis met dié vrou se sedelike tug?
ʼn Bestorwene gryp na die ketting om sy hals
en prewel: Wie is nóú getrou; en wie was vals?
ʼn Vaalhaarmeisie kyk betraand na soveel smart
en hoop ʼn groot verlies tref nog haar eie hart.
Lekker tong-in-die-kies