Elisabeth Eybers (1915-2007)
Liefde ten spyt en ondanks goeie wil
staan ek ontsteld by hierdie waarheid stil:
dat, soos geeneen wat hom nie liefhet, ék
ʼn skaduwee oor sy oop gesig kan trek.
Wat anders as méér liefde kan my leer
om daardie swart vermoë af te sweer?
Dankie vir die mooi gedigte.
Dankie, die gedigte wat geplaas word op Maroela, word opreg waardeer.
Kan julle nie groot asb elke dag ‘n nuwe afrikaanse gedig plaas nie ? Dis baie inspirerend en baie beter as die ou gewone “thought for the day” versies :-)