Gedig: Naglied

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

Petra Müller (Geb. 1935)

jy moet soetjies na my kom
met jou bewende hande
jy moet stilletjies kom
soos reën
ek wil nie jou woorde hê nie
maar jou asemhaling

as die kers sy lig maak en die motte kom /
sal ons gesprek voer / en mekaar versigtig opnoem /
laat dit donker wees / jy sal my aan my woorde ken /
en ek jou aan jou stem / wat donker kan verduidelik /
en my aan my bedoelings af kan tel / en as jy kom /
moet nie te veel verskenk nie /

een laat uur is genoeg vir my
want ek –
ek soek van jou maar net
die skadu’s van jou lewe
om by my skraal geel vlam te voeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.