Willie Kühn (Geb. 1942)
in die veld
met sy knielende struikies
froetang
goue opslag
kalossie
kliptjienk
langoorleeubekkie
roemenaggie
stinkbobbejaantjie
satynblom
bokkeveldbontrokkie
jongmansknoop
hesperantha vaginata
pietsnot
traanblommetjie
in die veld
met sy boeket wat penetreer
tot by sagte hormone
deur klipbanke na diepste drome
in die veld
ʼn figuur ouer as klip
wat kyk, ruik, voel:
God inspekteer sy skepping