Gedig: Om boer te wees

Argieffoto (Foto: holmespj, Pixabay)

WEG Louw (1913 – 1980)

O om ʼn boer te wees wat werk
met sy hande in die son
die liewe, lange dag; om saans
moeg terug te kom
van die lande, en te slaap
tot die rooidag deur die vensters breek,
en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,
die ploegstert vas te hou…

O om boer te wees en te werk
in God se sonskyn en reën;
om nooit te twyfel dat Hy weet
wat die beste is; om nog te glo,
as sy hart wil breek,
en voel dat hy, boer alleen,
met God kan praat, en dank
as laag-druipend daal die reën…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jeff baxter ·

Baie baie mooi. Daar is ‘n spesiale plek in my hart vir ons boere.
Hier is ‘n voorsmakie van een van my gedigte, hoop dit is van pas.

Ek hou van ‘n lap wat geploeg is
En ek hou van ‘n oes wat genoeg is
Ek hou van die son en die reen
Waarmee die here my seen

Ek hou van die wenakker hoek
En ‘n reguit voor agter my rug

Ens…………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.