IL de Villiers (1936 – 2009)
Ek was weer in die Kaap en op teen die berg
in ʼn hokkie van glas wat hoog hang aan ʼn draad
oor rotsige punte waar bokke met draaihorings staan,
en gekyk oor die baai en gesien hoe stil kom die aand,
hoe ʼn mistigheid styg uit die see, ʼn waas in die bog
van die berg waar liggies in strepe aangaan,
oranje soos huise wat brand teen die skuinste,
en ek het gewens dit bly aand, net aand, net die aand,
net die bruinblou aand, en nooit nag nie.