Gedig: Op die berg

Kabelkarretjie by Tafelberg Foto: http://www.tablemountain.net/

Kabelkarretjie by Tafelberg Foto: http://www.tablemountain.net/

IL de Villiers (1936 – 2009)

Ek was weer in die Kaap en op teen die berg
in ʼn hokkie van glas wat hoog hang aan ʼn draad
oor rotsige punte waar bokke met draaihorings staan,
en gekyk oor die baai en gesien hoe stil kom die aand,

hoe ʼn mistigheid styg uit die see, ʼn waas in die bog
van die berg waar liggies in strepe aangaan,
oranje soos huise wat brand teen die skuinste,

en ek het gewens dit bly aand, net aand, net die aand,

net die bruinblou aand, en nooit nag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ek dink

Voel vir my kompleet ek is daar…

Eliza-beth

Baie, baie, baie mooi!

Ansie Geldenhuys

Ek het Izak De Villiers se Op Die Berg as ‘n fonds beskou. Hy was veelsydig en respektabel.